Tuesday 17 May 2016

Carien se boelietert (Boeliebiefpasta)



Carien se boelietert (Boeliebiefpasta)

Bestanddele

2 koppies skulpiepasta
1 ui, gekap
1 knoffeltoontjie, gekneus
1 pakkie sampioene
1 blikkie boeliebief
1 blikkie chakalaka met roommielies
4 eiers
½ koppie melk
knippie mosterdpoeier
1 koppie cheddarkaas
Metode
Kook pasta tot gaar.
Braai die ui, knoffel en spek, en meng dit met die pasta, boeliebief en chakalaka.
Plaas dit in 'n oondbak.
Klits die eiers, melk en mosterpoeier saam, en gooi dit oor die pastamengsel.
Strooi die kaas oor.
Bak vir sowat 25 minute teen 180 grade tot eiers gestol is.