Wednesday 4 May 2016

Spek-en-aartappel-potjie




Spek-en-aartappel-potjie
Die akteur Jacques Bessenger deel dié eenvoudige resep met ons.
Bestanddele:
• 1kg Medium-aartappels
• Groot blok cheddarkaas
• 3 x Pakkies spek
• Pak uie
• Sout & peper
• Blok botter
• Vars sampioene
• Pakkie wituiesoppoeier
• Vars grasuie
• Vars suurroom
Metode:
Stap 1: Verhit die platboompot en smelt die botter.
Stap 2: Braai die spek tot krakerig.
Stap 3: Sny aartappels in 3-5 cm-skywe en die uie in dik skywe.
Stap 4: Braai die spek en los die “vetterigheid” in die pot.
Stap 5: Pak die pot met lae van die aartappels.
Stap 6: Volg met ’n laag uie en bedek finaal met aartappels.
Stap 7: Voeg sout en peper by tot smaak.
Stap 8: Voeg sampioene by (bo-op die uie-laag).
Stap 9: Kook vir 30 minute.
Stap 10: Voeg gekapte rooiuie en suurroom by en kook vir ’n verdere 15 minute totdat aartappels sag is. Sit spek bo-op.
Stap 11: Voeg ’n laag gerasperde kaas by en prut vir 5 minute.
Opdieningsvoorstel: Geniet saam met enige vleisgereg.