Monday 30 May 2016

SPAGHETTI IN TAMATIESOUS




SPAGETTI ALA MAMA 


1 Pakkie Spaghetti
3 Uie, opgekap
1 bottel (750ml) Tamatiesous (All Gold)
375ml Bruin Asyn
375 ml Sonneblom olie
1 teel Borrie
10 teel matige kerriepoeier
1 kop suiker

Plaas al die bestanddele in 'n pot behalwe die spaghetti en bring tot kookpunt.
Prut vir ongeveer 45 min.
Kook Spaghetti net tot sag, maar nie pap, in aparte pot met water en sout.
Voeg Spaghettie by en prut vir nog 15 minute.
Bottel onmiddellin in warm klein flessies.
Bêre in kas, maar na oopgemaak in yskas.

SPAGHETTI EN TAMATIES


25 groot Tamaties
5 groot Uie ringe gesny
½ t Rooi pepper
1 k Appelkooskonfyt
½ t fyn Naeltjies
1 t Neut
2 e Sout
1 k Suiker
180 ml Asyn
1 Pak Spaghetti
METODE:
Gooi tamaties in kookwater en trek die skille af, sny bietjie kleiner
Kook nou alles saam behalwe die asyn en spaghetti.
Kook tot uie sag is, maak alles fyn in n voedselverwerker. Kook jou Spaghetti en dreineer goed. Voeg die asyn en spaghetti by die Tamatiemengsel en kook nog so 10min. Bottel en verseel warm!!


INGEMAAKTE TAMATIESPAGHETTI

Bestandele:
500g Uie, gekerf
Kookolie
4 kg Ryp tamaties, ontvel en in kwarte gesny
375 ml (1 1/2 k) fyn appelkooskonfyt 250 ml (1 k)witsuiker
12,5 ml sout 5 ml neutmuskaat
2 ml rooipeper 2 pakke (500g elk)spagetti
30 ml Bruinsuiker 30 ml Oreganum

Metode:
Soteer die uie in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie kwarte by die uieringe en laat prut tot die tamaties sag en fyn is. (nogal ‘n tydjie)
Meng die res van die bestandele, behalwe die spagetti, en voeg dit by die tamatiemengsel. Laat prut totdat die mengsel nie meer te waterig is nie.
Kook intussen die spagetti soos op die pak beskryf. Dreineer goed, voeg by die tamatiemengsel en laat nog 5 minute lank prut. (Maak seker jy gebruik ‘n groot pot want as jy die spagetti saam met die tamaties meng is dit nogal baie).
Skep uit in skoon, gesteriliseerde flesse. Lewer ongeveer 4L (+- 9, 500g Consol Bottels).
SPAGHETTI EN TAMATIESOUS
Tamatie & Spaghetti sous: 3 kg tamaties (Ek gebruik n box tamaties) 1/2 kg uie (2 grotes of 3 kleiner). 1/4 koppie suiker (ek gebruik n koppie vol.) 1 pak spaghetti 1 eetlepel sout 1 eetlepel botter Sit tamaties in kookwater en trek skille af. Sny tamaties en uie fyn en kook in n groot pot. Roer gedurig). Sit deur n blender en gooi dan mengsel deur n sif. Gooi die pitte weg. Gooi die tamatie puree terug in groot pot. Kook spaghetti en sout. Dreineer en gooi by tamatie puree. Gooi botter en suiker by en prut vir so 15 minute. Bly roer. Bottel warm en hou in koelkas. By bediening kan jy kaas byvoeg. As jy van basilikum hou kan jy bietjie ook byvoeg (opsioneel). Dis heerlik so koud op n sny brood.


INGELEGDE MACARONISLAAI

 6 Tamaties 2 Greenpeppers
3 groot uie
500 ml suiker
500 ml wit asyn
250 ml olie Kap die bestanddele fyn en kook tot sag.  
Voeg dan by:
1 t Aromat
½ t rooipeper 250 ml margarien
Meng by 1 Pak GAAR MACARONI .
Kook deur en bottel warm.
Kan tot 3 maande in yskas hou.
Geniet!
 6 Tamaties 2 Greenpeppers
3 groot uie
500 ml suiker
500 ml wit asyn
250 ml olie Kap die bestanddele fyn en kook tot sag.  
Voeg dan by:
1 t Aromat
½ t rooipeper 250 ml margarien
Meng by 1 Pak GAAR MACARONI .
Kook deur en bottel warm.
Kan tot 3 maande in yskas hou.
Geniet!


GEBOTTELDE NOEDELS


Bestanddele:
750 g uie - grof gekap 1½ kg ryp tamaties, geskil en gesnipper
2 groen soetrissies, fyn gekap 250 ml wit asyn
500 ml wit suiker
20 ml sout 150 ml kookolie
100 ml Mayonnaise 500 g klein skulpnoedels

​Metode:
Kook eerste 7 best. saam vir 45 minute. Kook noedels sag, dreineer.
Giet by eerste best., saam met Mayonnaise, kook deur en bottel warm. Verseel dadelik.

Ingemaakte Spaghetti 


3½ kg tamaties
500 g uie
4 e appelkooskonfyt
1½ k suiker
1 k asyn
1 t fyn naeltjies
1 t peper
1 t neut
1 e sout
250 g egte botter
1 boks spaghetti

Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap.
Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie
Kook spagetti sag - nie pap nie. Water af.
Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min.
Bottel warm.