Monday 30 May 2016

Wessels se hawermoutstafies




Wessels se hawermoutstafies
Dié hawermoutstafies is rofweg gebaseer op die Britse “flapjack”. Die Koekedoor Wessels maak dit egter sy eie deur die stroop met heuning te vervang en bosbessies, sonneblomsaad en geroosterde pampoenpitte by te voeg.

30 stafies
Bestanddele
   
Instruksies
  1. Voer bakplaat uit met bakpapier.
  2. Smelt botter en suiker oor lae hitte. Moenie dit laat kook nie.
  3. Roer heuning by.
  4. Roer hawermout en sade/vrugte by.
  5. Druk mengsel in bakplaat.
  6. Bak sowat 25 minute tot goudbruin – dit word nie hard in die oond nie.
  7. Laat effens afkoel en keer bakplaat om en sny in blokkies.