Monday 30 May 2016

SPEK EN KAAS OMELET




SPEK EN KAAS OMELET
2 eiers
1 eetl water
Mespunt mosterd
Sout en peper na smaak
2-3 repies brosgebraaide spek
Halwe koppie gerasperde kaas
Klits die eiers, water, mosterd, sout en peper baie goed saam todat daar so skuimerigheid bo-op vorm
Braai dit in ‘n warm pan, nie te warm sodat jou omelet brand, nog voor hy gaar is nie, maar warm genoeg sodat wat binne in is gaar word
Sit jou spek en kaas in, vou toe en laat die kaas smelt
Bedien warm
Genoeg vir 1 omelet
Variasies:
Tamatie
Uie
Groenrissie
Sampioene
Maalvleis
Ham
Hoender repies