Wednesday 11 May 2016

Snoek Pastei




Snoek Pastei
Genoeg vir 6.


Jy het nodig:
1 rol (400g) skilferkorsdeeg
20ml olyfolie
1 groot ui, gekap
1 klein groen soetrissie, gekap
sout en swartpeper
250ml gerasperde cheddarkaas

500ml gevlokte, snoek
4 eiers
250ml room
50ml melk

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180↨°C.

2. Rol die deeg oop en voer ’n mediumgroot quiche-tertbord daar- mee uit.

3. Verhit die olyfolie in ’n pan en soteer die ui en soetrissie. Geur na smaak.

4. Plaas die uiemengsel, cheddarkaas en snoek in die gevoerde tertbord.

5. Klits die eiers, melk en room saam; voeg sout en swartpeper by en giet oor die vis.

6. Bak sowat 30 minute tot die eier gaar is en die pastei goudbruin is. Sit warm voor saam met slaai as ’n ligte middagete of as ’n voorgereg.