Wednesday 11 May 2016

Karringmelk Beskuit (Aangepas vir broodmasjien)




Karringmelk Beskuit (Aangepas vir broodmasjien)

Bestanddele:
550g koekmeelblom
5ml koeksoda
5ml kremetart
5ml bakpoeier
5ml sout
125ml suiker
125g botter
200ml karringmelk

Metode:
Sif al die droë bestanddele saam en plaas die mengsel in die broodpan van die broodmasjien.  Rasper die botter en plaas by die droë bestanddele.  Stel die broodmasjien op "dough" en laat knie vir omtrent 10min.

Gooi die karringmelk by die mengsel en laat die masjien knie vir nog 'n verdure 10 min.  Help die deeg aan met 'n houtlepel.  Die mengsel is redelik styf.  Kanseller die "dough" stelling op die broodmasjien.

Haal die deeg uit en plaas in 'n mengbak en brei dit met die hande tot 'n stywe deeg.

Plaas die broodmasjien se broodpan terug in die masjien sonder die lem.  Maak die deeg in bolletjies en pak terug in die mengbak.  Sorg dat al die deeg terug gaan in die broodpan. (omtrent 12 bolletjies)

Stel die broodmasjien op "bake" vir 1h40.  Toets of die beskuit gaar is met 'n tandestokkie.  Druk 'n tandestokkie in die beskuit.  As die stokkie droog uitkom, is die beskuit reg.  Indien deeg aan die stokkie vassit, bak vir 'n verdure 10 min.