Wednesday 11 May 2016

Korslose quiche




Korslose quiche
LEWER 4-6 KLEIN QUICHES
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 35-40 minute
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
125 g spek, in blokkies gesny
200 g spinasie, fyn gekap
200 g murgpampoentjies, fyn gerasper
200 g ricotta, gekrummel
200 g cheddarkaas, gerasper
60 ml (¼ k) pietersielie, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
6 eiers
250 ml (1 k) bruismeel, gesif
Verhit die oond tot 180 °C.
1.Smeer ’n vierkantige 20 cm-koekpan of 4 klein tertpannetjies.
2.Verhit die olie en roerbraai die uie, knoffel en spek tot goudbruin.
3.Meng die uiemengsel met die spinasie, murgpampoentjies, ricotta, cheddar en pietersielie. Geur met die sout en peper.
4.Klits die eiers en voeg by die groentemengsel. Meng die meel goed deur die mengsel.
5.Giet in ’n bereide pan en bak 35-40 minute of tot goudbruin en gaar.
6.Laat goed afkoel en pak in skool toe.
WENK: Bak ’n groot souttert, sny in blokke en vries.