Friday, 27 May 2016

Skons met net 3 bestanddele




Skons met net 3 bestanddele
• 750 ml (3 k) meel
• 250 ml (1 k) room
• 250 ml (1 k) koue limonade
Verhit oond tot 180 ºC. Plaas meel, room en limonade saam in ’n groot mengbak. Meng goed met vurk tot sagte deeg vorm. Keer uit op meelbestrooide werkvlak.
Druk uit met ronde koekiedrukker en plaas op kleefvrye bakplaat. Bak sowat 15 – 20 minute. Haal uit en laat effens afkoel op draadrak. Sit voor met botter, aarbeikonfyt, gerasperde cheddarkaas en geklopte room

No comments:

Post a Comment