Friday 27 May 2016

LEMOEN BESKUIT




LEMOEN BESKUIT
1.5 kg bruismeel
400g suiker
7 ml bakpoeier
sout
500 g botter/margarien
fyn gerasperde skil van 1 lemoen
625 ml lemoen sap
2 (groot) eiers
METODE:
Verhit oond tot 180*C.
Smeer drie middel slag brood panne goed.
Sif die bruismeel, bakpoeier, suiker en sout saam.
Frummel die botter/margarien en lemoen skil daarby in totdat die mengel soos growwe mielliemeel lyk.
Klits die lemoensap en eiers saam.
Maak die meelmengsel daarmee aan.
Plaas die deeg in die brood panne (jy kan bolletjies maak indien verkies en dit so in die panne pak, maar dis meer werk ).
Bak die beskuit ongeveer 50 minute tot gaar en ligbruin bo-op.
Keer dit op 'n draadrak uit en laat heeltemal afkoel.
Sny elke broodjie in beskuit groote stukkies.
Droog die beskuit oornag uit in 'n koel oond met die oonddeur oop 'n skrefie oop.
Lewer nagenoeg 9 dosyn beskuitjies.