Friday 27 May 2016

Verskeidenheid Blokkies Koek Resepte




Verskeidenheid Blokkies Koek Resepte


Sjokoladebruintjies

Daar Is Duisende Resepte Vir Sjokoladebruintjies En In Ons
Toetskombuis Is Al 'N Hele Paar Beproef, Maar Dié Een Staan Steeds Vir
My Uit Bo Enige Ander. Onthou Dat Bruintjies Sag En Baie Klam Moet
Wees In Die Middel En Bros Aan Die Buitekant.

125 Ml Sagte Botter
150 G Donker Sjokolade, Gekap
3 Groot Eiers, Teen Kamertemperatuur
250 Ml Ligte Bruinsuiker
125 Ml Strooisuiker
5 Ml Vanieljegeursel
250 Ml Koekmeel
250 Ml Gekapte Makadamianeute (Opsioneel)

Voorverhit Die Oond Tot 180 °C En Smeer 'N Pan Van 20 Cm Met Botter.
Voer Uit Met Bakpapier En Smeer Weer. Verhit Die Botter En Sjokolade
Saam Oor Lae Hitte Tot Glad. Klits Die Eiers En Suiker Goed Saam. Voeg
Die Warm Sjokolademengsel In 'N Dun Straaltjie By Die Eiermengsel
Terwyl Geklits Word. Voeg Die Vanieljegeursel By. Sif Die Meel Bo-Oor
En Vou In Saam Met Die Neute (As Jy Dit Bysit). Giet In Die Pan En Bak
Vir Ongeveer 30 Minute Tot Daar Nog Klam Krummels Aan 'N Toetspen
Vassit As Jy Dit In Die Middel Van Die Bruintjies Steek. Laat In Die Pan
Afkoel En Sny In Blokkies. Bêre In 'N Lugdigte Houer Teen
Kamertemperatuur.

Lewer Ongeveer 25 Bruintjies.

4

Suurlemoen Blokkies (Tuisnywerheid)

Meng In Pot:

1 Blik Condensmelk

250g Margerien

1k Suiker

1e Lemoensap (Of Bietjie Lemoen Geursel) + ‘N Paar Druppels

Suurlemoensap

(+ Skil Van 1 Lemoen Indien Verkies)

Smelt Oor Lae Hitte.

Maak 2 Pakkie Marie Biscuits Fyn En Meng Met 2k Klapper.

Meng Dit Met Die Warm Mengsel En Gooi In ‘N Gesmeerde Rolpan Uit.

Laat Afkoel.

Meng 625ml Versiersuiker Met Bietjie Suurlemoen En Lemoensap Tot

Dun Genoeg Om Oor Koekies Te Smeer.

Laat Gesmeer Pan Koekies In Yskas (Oornag) En Sny In Blokkies.

Kan 2 Weke In Yskas Gehou Word.

Dit Vries Ook Goed.

5

Kaasbeskuitjies

Bestandele:

250 G Gerasperde Kaas

250 G Koekmeel

250 G Margarien

Appelkooskonfyt

Metode:

- Meng Alles En Rol Bolletjies;

- Druk Gaatjie In Middel En Vul Met Appelkooskonfyt;

- Bak @ 180’c Tot Gaar

Soetkoekies In Blokkies In Oondpan – Met Suiker Bo-Oor Gesprinkel

(Skoonma)

Bestandele:

4 Koppies Koekmeel

3 Eiers

1 Tl Koeksoda

1 Tl Kremetart

1 Tl Vanilje

1 & ½ Koppie Margarien

2 Koppies Suiker

Sout

Metode:

- Smelt Botter, Suiker, Opgeloste Koeksoda En Vanilje Saam;

- Voeg Dan Geklitste Eiers By;

- Sif Dan Meel, Kremetart, En Sout By;

- Meng Met Hande;

- Druk In Oondpan Plat, Maar Dit Moet Nie Te Dik Wees Nie;

- Sprinkel Melk Oor En Strooi Dan Suiker Bo-Oor Voordat Jy Dit

Bak;

- Bak @ 180’c Tot Gaar En Ligbruin;

- Sny In Blokkies As Effens Afgekoel.

Want more recipes? Go to www.eposvriende.com

6

Geurige Vierkantjies – Rasper Deeg Bo-Oor

Bestandele:

1 Eier

¾ Koppie Suiker

2 Tl Bakpoeier

Sout

3 Koppies Meel

250 G Margarien

Vanilje

Metode:

- Klits Eier En Suiker Saam;

- Vryf Botter In Droë Bestandele;

- Meng Deeglik En Meng Deeg In 2;

- Sit Een Deel Deeg In Die Vrieskas Sodat Dit Later Makliker Kan

Rasper;

- Druk Een Deel Plat In Oondpan…..Nie Te Plat Nie;

- Smeer Appelkoos Konfyt Bo Op;

- Rasper Res Van Die Deeg Oor;

- Bak @ 180’c Tot Gaar.

7

Een Plaatkoek (Oondpan Koek), Ses Planne

Klits-En-Bak-Plaatkoek

375 Ml Strooisuiker

375 G Sagte Botter Of Volvet-Margarien

6 Eiers

750 Ml Bruismeel, Gesif

15 Ml Bakpoeier

2 Ml Sout

125 Ml Melk

10 Ml Vanieljegeursel

Voorverhit Die Oond Tot 180 °C En Smeer 'N Oondpan Goed. Voer Uit

Met Bakpapier En Smeer Weer. Gooi Die Bestanddele In Die Volgorde

Waarin Dit Aangegee Word In 'N Groot Mengbak. Klits Alles Goed Saam

Tot 'N Gladde Beslag. Skep In Die Oondpan En Bak Vir 25-30 Minute Tot

Gaar. Laat Vir 10 Minute In Die Pan Afkoel, Keer Uit Op 'N Draadrak En

Laat Heeltemal Afkoel.

Lamingtons

Sny Die Plaatkoek In Die Helfte En Sny Dan In Blokkies. Hou Die Ander

Helfte Eenkant Vir Iets Anders Of Vries Vir Latere Gebruik. Sif 750 Ml

Versiersuiker En 180 Ml Kakao Saam. Meng 80 Ml Kookwater En 80 Ml

Botter. Roer Tot Die Botter Gesmelt Is.

Gooi 500 Ml Fyn Klapper In 'N Vlak Bak Of Bord Uit En Hou 'N Draadrak

Gereed. Doop Ál Die Kante Van Die Koekblokkies Vinnig In Die

Sjokoladesous En Rol Dadelik In Die Klapper. Pak Op 'N Draadrak Tot

Stewig En Bêre In 'N Lugdigte Houer.

Partytjiekoekies

Sny 'N Halwe Plaatkoek In Klein Blokkies En Pak Op 'N Draadrak Wat

Bo-Op 'N Skinkbord Staan. Smelt 20 Ml Strooisuiker En 50 Ml Sagte

Botter In 'N Kastrol Oor Lae Hitte Tot Die Suiker Opgelos Is. Roer 500 Ml

Gesifte Versiersuiker En 30 Ml Kookwater By. Roer Goed Tot Die

Versiersel Glad Is. Voeg Nog 'N Paar Druppels Kookwater By Indien

Nodig. Kleur Dit Met Voedselkleursel En Skep Oor Die Koekblokkies.

Laat Staan Tot Die Versiersel Hard Word En Bêre In 'N Lugdigte Houer.

8

Ricotta-Vrieskaskoek

Sny 1 Plaatkoek In Die Breedte In Drie Ewe Groot Stukke. Klits 200 G

Ongegeurde Roomkaas, 200 G Ricotta, 30 Ml Sagte Botter En 80 Ml

Strooisuiker Saam. Prut 250 Ml Luukse Vrugtekoekmengsel In 125 Ml

Sjerrie Tot Sag En Meeste Van Die Vloeistof Afgekook Het. Laat Afkoel.

Meng Met 80 Ml Gekapte Rooi Glanskersies En 125 Ml Gekapte

Geroosterde Haselneute. Roer Alles By Die Kaasmengsel In En Meng

Goed. Besprinkel Elke Koeklaag Goed Met Sjerrie En Smeer Die Helfte

Van Die Mengsel Op Die Onderste Koeklaag Tot In Die Hoeke. Sit Die

Tweede Laag Bo-Op En Smeer Die Res Van Die Mengsel Op. Sit Die

Laaste Laag Op, Druk Vas En Draai In Foelie Toe. Vries Tot Nodig. Sny

Die Koek Net So Gevries In Blokkies En Sit Ná Ete Met Koffie Voor Of

Bedien As Nagereg Met Sjokoladesous.

Gebakte Alaska

Gebruik 'N Halwe Plaatkoek Vir Dié Resep. Koek Wat Effens Gevries Is,

Werk Goed Omdat Die Roomys Dan Selfs Minder Smelt. Sny Die Koek In

Blokkies Of Druk Sirkels Met 'N Skondrukker Uit. Besprinkel Elke

Stukkie Koek Met Likeur Of Soetwyn. Maak Soveel Bolle Roomys Soos

Stukkies Koek Wat Jy Wil Gebruik En Sit 'N Bol Roomys Bo-Op Elke

Stukkie Koek. Sit In Die Vrieskas Tot Benodig. Klits 4 Eierwitte (Teen

Kamertemperatuur) In 'N Skoon Bak Tot Stywe Punte Vorm. Voeg 250 Ml

Strooisuiker Lepelsgewys By. Hou Aan Klits Tot Die Mengsel Dik En

Blink Is. Voorverhit Die Oondrooster Net Voor Jy Die Gebakte Alaska Wil

Bedien. Skep Of Spuit Die Meringue Oor Elke Koek En Roomysstapel En

Smeer Elk Heeltemal Toe. (Daar Moenie Enige Roomys Of Koek Uitsteek

Nie.) Druk Vinnig Onder Die Oondrooster En Sit Dadelik Voor.

Vinnige Koekstruif

Sny 'N Halwe Plaatkoek In Skyfies En Besprinkel Met Sjerrie. Klop 500

Ml Koue, Vars Room Met 125 Ml Strooisuiker Styf. Skep Of Spuit 'N Lagie

Room Op Van Die Koekskyfies En Rangskik Vars Vrugte, Soos Aarbeie Of

Nektarienskyfies, Bo-Op. Sit Nog 'N Koekskyfie Op En Herhaal Die Room

En Vrugte. Sif Versiersuiker Oor En Sit Voor. Vir 'N Meer Formele

Nagereg Kan Jy Koeksirkels Gebruik En Dit Op Die Bord Afrond Met

Vrugtepuree En Ekstra Vars Vrugte.

9

Griekse Heuningkoek

Verhit 500 Ml Suiker, 250 Ml Heuning, 125 Ml Suurlemoensap, Die

Fyngerasperde Skil Van 2 Suurlemoene, 250 Ml Water En 2

Kaneelstokke Stadig En Sonder Om Te Kook Tot Die Suiker Gesmelt Is.

Roer Gereeld. Verhit Tot Kookpunt En Prut Vir 5-10 Minute Tot

Stroperig. Sodra Die Plaatkoek Uit Die Oond Kom, Prik Met 'N Vurk En

Giet Die Warm Stroop Oor. Sit Louwarm Voor As Nagereg Of Teen

Kamertemperatuur. Jogurt, Met Heuning En Kaneel Gegeur, Is Lekker

Hierby.

Konfytblokkies

Brosbroodkoekies Met 'N Konfytlagie In Die Middel Wat Smelt In Die Mond. Gebruik

Enige Konfyt Waarvan Jy Hou.

200 G Botter

80 Ml Versiersuiker

60 Ml Vlapoeier

500 Ml Koekmeelblom

60 Ml Mielieblom

500 Ml Konfyt Van Jou Keuse

Verroom Die Botter En Versiersuiker Goed Saam. Sif Die Vlapoeier, Meel

En Mielie-Blom Oor En Meng Goed Tot 'N Deeg. Verkoel Vir 30 Minute.

Deel Die Deeg In Twee En Sit Die Een Helfte Terug In Die Yskas.

Voorverhit Die Oond Tot 200 °C En Smeer 'N Reghoekige Koekpan Van

Ongeveer 20 Cm X 25 Cm. Druk Die Een Helfte Van Die Deeg Op Die

Bodem Van Die Pan Vas. Smeer Die Konfyt Oor En Rasper Dan Die Koue

Deeg Bo-Oor. Bak Vir Ongeveer 20 Minute Tot Gaar. Laat Afkoel En Sny

In Blokkies.

Lewer 25 Blokkies.

10

Graanvlokkie-En-Kondensmelkblokkies

1 X 397g Blik Kondensmelk

125ml (100g) Bruinsuiker

75g Botter

5ml Vanieljegeursel

45ml Goue Stroop

4 X 250ml Graanvlokkies (Corn Flakes)

250ml (80g) Klapper

60ml Kakao

250ml (130g) Versiersuiker, Gesif

250g Botter, Gesmelt

􀂙 Smeer ‘N Vierkantige Koekpan (23 X 23cm) En Voer Die Bodem

Met Gesmeerde Bakpapier Uit.

􀂙 Gooi Die Kondensmelk, Bruinsuiker, Botter, Vanieljegeursel En

Gouestroop In ‘N Kastrolletjie En Verhit Dit Oor Matige Hitte

Terwyl Jy Dit Aanhoudend Roer.

􀂙 Hou Sowat 8 Minute So Aan Of Totdat Die Mengsel Dik En

Karamelkleurig Is.

􀂙 Laat Effens Afkoel.

􀂙 Gooi Die Helfte Van Die Graanvlokkies, Klapper, Kakao En

Versiersuiker In ‘N Groot Mengbak.

􀂙 Gooi Die Helte Van Die Gesmelte Botter Bo-Oor En Roer Doe

Droë Bestanddele Totdat Die Botter Deurgemeng Is.

􀂙 Druk Die Mengsel In Die Voorbereide Koekpan Vas En Sit Dit

Vir 10 Minute In Die Yskas.

􀂙 Smeer Caramel Bo-Oor En Sit Dit Trug In Die Yskas Totdat Die

Caramel Gestol Het.

􀂙 Meng Die Orige Graanvlokkies, Klapper, Kakao En

Versiersuiker, Gooi Die Orige Botter By, Meng Dit Deur En

Druk Dit Bo-Op Die Karamellaag Vas.

􀂙 Sit Die Koekpan Trug In Die Yskas Totdat Die Mengsel Gestol

Het En Sny Dan In Blokkies.

Suurlemoenblokkies 2

250g Botter

165ml (85g) Versiersuiker

625ml (300g) Koekmeel

Bolaag

2-3 Lemoene

11

4 Eiers

475ml (400g) Strooisuiker

5ml Bakpoeier

􀂙 Smeer ‘N Diep Koekpan (23 X 23 X 4cm)Met Botter En Voer

Die Bodem Met Gesmeerde Bakpapier Uit.

􀂙 Klits Die Botter En Versiersuiker Tot Lig En Romerig.

􀂙 Gooi 500ml Van Die Koekmeel By Die Geroomde Mengsel En

Klits Of Knie Dit Met Jou Hande Totdat Dit ‘N Deegbol Vorm

En Met Die Hande Bymekaar Gedruk Kan Word

􀂙 Druk Die Deeg Op Die Bodem Van Die Voorbereide Koekpan

Vas En Sit Dan Vir Sowat 15 Minute In Die Yskas.

􀂙 Voorverhit Die Oond 180’c

􀂙 Sit Die Koekpan In Die Oond En Bak Die Kors Vir Sowat 15

Minute

􀂙 Haal Die Kors Uit Die Oond En Sit Dit Eenkant Om Af Te

Koel Terwyl Jy Die Bolaag Maak.

􀂙 Rasper Die Skil(Net Die Geel Nie Die Wit Nie) Van Die

Suurlemoene Met ‘N Fyn Rasper

􀂙 Druk Die Suurlemoene Se Sap Uit-Sowat 90ml Sap

􀂙 Klits Die Eiers En Strooisuiker In ‘N Mengbak Tot Goed

Gemeng.

􀂙 Gooi Die Orige Koekmeel, Bakpoeier En Suurlemoenskil En –

Sap By En Klits Tot Gemeng.

􀂙 Giet Die Mengsel Versigtig Op Die Gebakte Kors En Sit Dit

Terug In Die Oond Vir Sowat 30 Minute Of Totdat Die

Bolaag Gestol En Mooi Goudbruin Is.

Laat Dit In Die Koekpan Afkoel En Sny Dit Dan In Blokkies.

Want more recipes? Go to www.eposvriende.com

12

Brownies

100ml (100g) Botter

100g Donkersjokolade In Blokkies Gebreek

375ml (300g) Suiker

‘N Knippie Sout

5ml Vanieljegeursel

3 Eiers

250ml (120g) Koekmeel

30ml Kakao

100g Pekanneute Gekap

Versiersel

250ml Room

100g Donkersjokolade

􀂙 Voorverhit Die Oond

􀂙 Smeer ‘N Vierkantige Koekpan Van 22 X 22cm En Voer Die

Bodem Met Gesmeerde Bakpapier Uit

􀂙 Gooi Die Botter En Sjokolade In ‘N Kastrolletjie En Roer Dit

Oor Lae Hitte Totdat Dit Gesmelt Het

􀂙 Roer Dan Die Suiker En Sout By Die Gesmelte

Sjokolademengsel En Gooi Die Vanieljegeursel By

􀂙 Gooi Die Eiers Een-Een By En Roer Deeglik Na Elkeen Om

Seker Te Maak Dis Behoorlik Ingemeng

􀂙 Haal Die Kastrol Van Die Plaat Af En Gebruik Dan ‘N

Handklitser Om Die Sjokolademengsel Te Klits Tot Romerig

􀂙 Sif Die Koekmeel En Kakao Saam In ‘N Groot Mengbak

􀂙 Gooi Die Gekapte Pekanneute By

􀂙 Gooi Die Sjokolademengsel By Die Droë Bestanddele En Vou

Dit In Met ‘N Grootmaatlepel

􀂙 Gooi Die Beslag In Die Voorbereide Koekpan Eb Bak Vir 30-

35 Minute

􀂙 Haal Die Gebak Uit Die Oond En Laat Eenkant Staan Totdat

Dit Afgekoel Het

􀂙 Versiersel: Gooi Die Room In ‘N Kastrolletjie En Verhit Dit

Tot Kookpunt.

􀂙 Verlaag Die Hitte En Laat Dit Met ‘N Derde Indamp

􀂙 Verwyder Die Room Van Die Plaat En Roer Die

Sjokoladeblokkies By

􀂙 Laat Die Mengsel Staan Totdat Dit Smeerbaar Is

Keer Brownies Uit Die Koekpan En Smeer Die Versiersuiker Oor Voordat

Jy Dit In Blokkies Sny

13

Crunchies

125g Botter

250ml (200g) Bruinsuiker

15ml Gouestroop

5ml Koeksoda

250ml (80g) Hawermout

250ml (120g) Koekmeel

250ml (80g) Klapper

􀂙 Voorverhit Die Oond 180’c

􀂙 Smeer ‘N Reghoekige Pan Van Sowat 24 X 34cm

􀂙 Gooi Die Botter, Bruinsuiker En Stroop In ‘N Kastrol En

Verhit Dit Oor Lae Hitte Totdat Die Botter Gesmelt Het.

􀂙 Gooi Die Koeksoda By En Roer Tot Gemeng

􀂙 Meng Die Hawermout, Koekmeel En Klapper In ‘N Mengbak

En Gooi Dan Die Warm Bestanddele By

􀂙 Roer Tot Gemeng En Skep Dit In Die Voorbereide Pan

􀂙 Druk Die Mengselmet Die Agterkant Van ‘N Lepel Gelyk En

Bak Dit Vir 15-20 Minute Of Tot Goudbruin

􀂙 Haal Die Crunchies Uit Die Oond En Sny Dit In Blokkies

Terwyl Dit Nog Warm Is

Laat Dit In Die Pan Afkoel Voordat Jy Dit Uitkeer

14

Appelkoos-En-Hawermoutblokkies

330ml (160g) Koekmeel

125ml (100g) Sagte Bruinsuiker

135ml (115g) Strooisuiker

1ml Sout

5ml Bakpoeier

180g Ongesoute Botter, Koud En In Blokkies Gesny

400ml (130g) Hawermout

250ml (80g) Klapper

750ml (450g) Droë Appelkose, Gesnipper

80ml Appelkooskonfyt

􀂙 Voorverhit Die Oond 180’c

􀂙 Smeer ‘N Bakplaat Of Koekpan Van Sowat 33 X 23cm En

Voer Die Bodem Met Gesmeerde Bakpapier Uit

􀂙 Gooi Die Koekmeel, Bruinsuiker, Strooisuiker, Sout,

Bakpoeier En Botterblokkies In ‘N Bak En Meng Met

Voedselverwerker Totdat Dit Soos Droë Broodkrummels Lyk

􀂙 Meng Die Hawermout En Klapper By En Skep Dan ‘N Koppie

Van Krummelmengsel Uit En Hou Dit Eenkant

􀂙 Druk Die Orige Mengsel In Die Voorbereide Bakplaat Vas

Sodat Dit Die Bodem Bedek

􀂙 Gooi Die Appelkose En 125ml Water In ‘N Kastrol En Verhit

Dit Oor Lae Hitte Tot Kookpunt

􀂙 Prut Tot Die Vloeistof Verdamp Het En Die Appelkose Sag Is

􀂙 Wag Tot Die Mengsel Heeltemal Koud Is En Skep Oor Die

Deeglaag

􀂙 Stip Die Konfyt Oor Die Appelkose En Strooi Die Ander

Krummelmengsel Oor

􀂙 Bak Vir 30 Minute Of Tot Goubruin, Sny In Skywe Sodra

Afgekoel Het

15

Fudge Fridge Cake

225g Butter

1 Egg, Beaten

450g Icing Sugar

2t Cocoa

1t Vanilla

1 Pkt Crushed Marie Biscuits

Melt Butter.

Remove From Heat And Stir In Egg.

Add Icing Sugar, Cocoa Vanilla And Biscuits.

Mix Well.

Spread On Tin Lined With Greaseproof Paper.

Put In Refrigerator To Set.

Cut Into Squares.

Bruintjies

220 G Suiker

150 G Bruismeel

3 Eiers

50 G Okkerneute, Gekap

35 G Kakao

Knippie Sout

170 G Sagte Botter (Nie Gesmelt)

Gooi Al Die Bestanddele In 'N Bak, Meng Goed Met 'N Houtlepel, Gooi In

Gesmeerde Bakplaat En Bak 22 Minute In Voorverhitte Oond By 190º.

Moenie Droog Bak Nie, Dit Moet Nog So Effens Klam Wees In Die Middel.

Sny In Blokkies Wanneer Koud. Kan Net So Geëet Word, Of Bedien Met

Styfgeklopte Room.

16

Yskaskoekies

2 Pk. Tennisbeskuitjies.

1 X 250 G. Margarien ( Gesmelt)

1 Blik Gekookte Kondensmelk.

1 Pk. Versiersuiker.

1 Dl. Koffie - Ekstrak.

1 Dl. Vanielje.

Okkerneute.

Meng Alles Saam Behalwe Beskuitjies & Okkerneute. Breek Beskuitjies

In. Druk Vas In Gesmeerde Bak. Strooi Gekapte Okkerneute Oor En

Plaas In Yskas. Wanneer Gestol, Sny In Blokkies. Die Koekies Kan Lank

Gebêre Word.