Thursday 19 May 2016

SJOKOLADE-MALVAPOEDING




SJOKOLADE-MALVAPOEDING
• 6 porsies

Bestanddele
5 ml (1 t) koeksoda
312 ml (1¼ k) koekmeel
knypie sout
3 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
90 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
10 ml (2 t) asyn

Sous
125 g (¼ blok) botter
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) volroommelk
187 ml (¾ k) suiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
• Stel oond op 180 °C.

Metode
1 Sif koeksoda, koekmeel en sout saam. Hou eenkant.
2 Klits eiers vir twee minute. Voeg strooisuiker by en klits vir nog twee minute.
3 Klits olie by eiermengsel.
4 Smelt sjokolade en botter saam in mikrogolf teen 50% krag vir een tot twee minute. Roer gereeld tot sjokolade glad is.
5 Roer gesmelte sjokolade by eiermengsel.
6 Verhit appelkooskonfyt tot net warm in mikrogolf en roer asyn daarby. Roer appelkoos- en asynmengsel by eiermengsel.
7 Roer meelmengsel by eiermengsel tot deeg.
8 Smeer oondbak van 25 cm x 25 met botter of spuit met kossproei. Skep deeg daarin.
9 Bak vir 35 minute of tot gaar in middel. Steek poeding vol gaatjies voordat sous oor gegooi word.
10 Sous Maak sous terwyl poeding in oond is. Sit bestanddele in kastrol en verhit tot kookpunt. Draai stoofplaat se hitte laer en prut vir nog drie minute.
11 Gooi warm sous oor warm poeding sodra dit uit oond kom.

WENK As jy individuele bakkies gebruik moet jy net die baktyd met 15 minute verminder. Toets met ’n toetspen om te kyk of die poeding gaar is