Thursday 19 May 2016

Gesmoorde beesskenkel met pampoen en patat




Gesmoorde beesskenkel met pampoen en patat

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 1 uur 40 min.
600 g beesskenkels
30 ml (2 e) olie
sout en peper
1 ui, gesny
2 selderystokkies, dun gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
1 kaneelstokkie
hand vol pietersielie, grof gekap
500 g pampoen, in blokkies gesny
500 g patat, in blokkies gesny
  1. Maak die olie in ’n groot pot warm en braai die skenkel alkant bruin oor matige hitte. Geur met die sout en peper. Verlaag die hitte en roer die ui en seldery by en laat prut tot die ui sag is.
  2. Roer die knoffel, aftreksel, kaneel en pietersielie by. Verlaag die hitte, bedek en laat prut 1 uur. Roer die groente by en laat nog 30 min. prut of tot die vleis sag is.