Wednesday 25 May 2016

GEURIGE BILTONG EN KAAS PAP




GEURIGE BILTONG EN KAAS PAP

Genoeg vir 6
Tyd: 1 uur 15 minute
BESTANDDELE
1,25 liter water
15 ml sout
750 ml mieliemeel
1 x 410g blik geroomde suikermielies
hand vol vars tiemie
2 x 410 g blik gekapte tamaties
15 ml olyfolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
250 g knopiesampioene, in skyfies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
250 ml gekerfde biltong
375 ml Cheddarkaas, gerasper
METODE
1 Verhit die oond tot 220°C. Smeer ’n 30 cm x 25 cm oondvaste bak.
2 Bring die water en sout tot kookpunt in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm. Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf.
3 Voeg die suikermielies en tiemie by. Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. Skep die tamaties in ’n laag bo-oor.
4 Verhit die olie in ’n kastrol oor hoë hitte en braai die uie, knoffel en sampioene vir 5 minute tot goudkleurig. Geur en skep bo-op die tamatielaag.
5 Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.