Wednesday 4 May 2016

Corli se pimperneut-roomys- en brownie-koek




Corli se pimperneut-roomys- en brownie-koek
Koekedoor se Corli is dol oor roomys en die geurmoontlikhede wat dit bied as jy jou eie maak. Hier kombineer sy geliefde smake van sjokolade en vanielje. Begin liefs die vorige dag sodat die koek oornag in die vrieskas kan set. Al moes Corli die roomys self maak in die Koekedoor-stoor, kan jy gekoopte roomys gebruik as jy nie ’n roomysmasjien het nie.

      
Porsies
16 porsies
Bestanddele
Sjokolade-brownie-koek
Vanielje-roomys
Sjokolade-, bloubessie- en pimperneutroomys
Italiaanse meringue (maak volgende dag)
   
Instruksies
Sjokolade-brownie-koek
  1. Smelt water, botter, olie en kakao.
  2. Voeg suiker, meel en sout in mengsel.
  3. Voeg koeksoda, vanielje en eiers by.
  4. Meng in menger vir ± 3 minute.
  5. Gooi neute en opsionele sjokolade by.
  6. Gooi in bakplaat of 4 ronde koekpanne en bak vir ongeveer 20 minute.
Vanielje-roomys
  1. Smelt alles saam en laat afkoel.
  2. Giet in roomysmaker en laat karring tot dit roomys vorm.
Sjokolade-, bloubessie- en pimperneutroomys
  1. Smelt sjokolade in ’n glasbak oor dubbelkoker.
  2. In ’n pot, giet die room, melk, jogurt sout, suiker en vanielje-ekstrak bymekaar. Laat alles smelt tot glad.
  3. Klits die eiergele in aparte bak, giet ’n gedeelte van die warm melk by die eier en klits vinnig tot gemeng. Giet die res van die melkmengsel by en meng weer.
  4. Gooi dan nou die gesmelte sjokolade by.
  5. Giet terug in die pot, en kook op lae hitte terwyl jy roer vir sowat 1-2 minute. Haal af en laat afkoel.
  6. Sodra dit koel is, giet in roomysmaker en karring. Sodra die roomys begin vorm, voeg die fyngekapte neute en bessies by.
Italiaanse meringue
  1. Giet suiker en water in pot en laat smelt, verf die kante met ’n nat kwas om versuikering te voorkom.
  2. Laat mengsel kook tot ongeveer 115˚C.
  3. Klits eierwitte tot styf en giet stroop by eierwitte terwyl dit op hoë spoed klits.
  4. Laat klits tot mengsel redelik afgekoel voorkom.
  5. Sit mengsel in spuitsak en spuit as laaste laag en versiering bo-op roomyskoek.
Sit bymekaar
  1. Begin by brownie-koek-lae: Smeer ’n laag van sjokolade-roomys bo-op elke koek en plaas terug in vrieskas sodat dit kan stol bo-op koek.
  2. Na die eerste laag goed geset is, smeer die volgende vanielje-laag bo-op sjokolade-roomys-laag. Plaas terug in vrieskas tot gestol.
  3. Nadat die 2 roomys-lae goed gestol is, plaas al 4 lae bo-op mekaar en sit weer terug in yskas om as een koek te stol en set, verkieslik oornag in vrieskas.
  4. Maak Italiaanse meringue, plaas bo-op koek en giet gesmelte sjokolade as versiering oor.