Tuesday 17 May 2016

Magdaleen se Popeye-tert (Spinasietert)



Magdaleen se Popeye-tert (Spinasietert)

Bestanddele

2 uie, gekap
1 knoffeltoontjie, fyngemaak
1 pakkie spek, gesnipper
300 g spinasie, gesnipper
3 eiers, geklits
1 houer geroomde maaskaas
1 koppie cheddarkaas, gerasper
knippie neutmuskaat
knippie paprika
½ teelepel swartpeper
vars pietersielie
Metode
Braai die uie, knoffel en spek tot gaar en hou eenkant.
Voeg die spinasie in die pan en roer totdat dit sag word.
Voeg dit by die uiemengsel.
Meng die eiers, maaskaas en cheddar by.
Voeg die speserye by.
Plaas in 'n oondvaste tertbak.
Strooi pietersielie oor.
Bak vir 25 minute teen 180 grade.