Tuesday 17 May 2016

Fiela se goue sop (Botterskorsiesop)




Fiela se goue sop (Botterskorsiesop)

Bestanddele

3 uie, gekap
2 hoenderborsies, in repies gesny
2 knoffeltoontjies
1 teelepel kerrie
1 teelepel borrie
1 teelepel gemengde kruie
3 teelepel brandewyn
3 koppies hoenderekstrak
½ teelepel sout
2 groen appels, geskil en gekap
4 aartappels, geskil en gekap
1 botterskorsie, geskil en gekap
Metode
Braai die uie tot deurskynend, en hou eenkant.
Braai die hoenderrepies en knoffel tot gaar.
Voeg die uie en al die speserye en kruie by.
Roer vir 2 minute.
Voeg die brandewyn by.
Roer vir 1 minuut.
Voeg die res van die bestanddele by.
Prut vir 30 minute tot gaar.
Verpulp.