Tuesday 17 May 2016

Gerooktesnoek-kaaskoek




Gerooktesnoek-kaaskoek

Lewer 1 kaaskoek
Bereiding 15 minute
Baktyd 12 + 50 minute...
Stoltyd oornag

KORS
200 g soutbeskuitjies, fyn gemaak
120 g botter, gesmelt
VULSEL
250 g Philadelphia-roomkaas
2 houers (250 g elk) roomkaas
3 ekstragroot eiers
2 eiergele
250 ml (1 k) suurroom
1 suurlemoen se skil
15 ml (1 e) suurlemoensap
300 g gerookte snoek uit ’n pakkie, grate verwyder en gevlok
100 g pikantrissies, in dun repies gesny
30 ml (2 e) grasuie, gekap
ekstra gekpate grasuie vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n veerklamppan van 22cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.

Kors Meng die beskuitjies en botter en druk die mengsel in die voorbereide pan vas. Bak 10-12 minute en verwyder uit die oond. Verlaag die oond se hitte na 150 °C.
Vulsel Klits die roomkase met ’n elektriese klitser saam tot glad.
Voeg die res van die bestanddele by en klits tot goed gemeng.
Giet die vulsel in die voorbereide kors en bak 40-50 minute of tot dit stewig is. Laat dit afkoel, bedek en verkoel oornag.
Garneer met gekapte grasuie net voor dit voorgesit word.