Friday 27 May 2016

MATABELLA BESKUIT





MATABELLA BESKUIT
500ml maltabella meel
750ml koekmeel
500ml semels
500ml suiker
2ml sout
10ml bakpoeier
10ml kremetart
10ml koeksoda
250g margarien
750ml karringmelk.
METODE:
Verhit oond tot 180C. Smeer oondpan
(die wat JY saam met 'n oond kom werk goed. Die met die snyer in is te vlak en dan is dit 'n lekker gemors in die oond!).
Meng droë bestandele goed saam in groot bak.
Smelt marg, laat effens afkoel en voeg karringmelk by.
Voeg by droë bestandele en meng goed.
Skep deeg in panne en bak vir ongeveer 45 - 60 min. Droog uit.