Tuesday, 17 May 2016

Kitta se koesterhoender




Kitta se koesterhoender

 

 

Bestanddele
1 gaar hoender, ontbeen en in stukkies gesny
1½ kop broccoli, opgebreek in klein stukke
1 koppie mayonnaise
1 teelepel kerriepoeier
1 blik sampioenroomsop
sap van 'n halwe suurlemoen
'n handvol broodkrummels
1 koppie gerasperde cheddarkaas
botter

Metode
Kook broccoli vir 5 minute in water.
Plaas dit saam met die hoenderstukkies in 'n oondbak.
Meng die mayonnaise, kerrie, sop en suurlemoensap, en gooi dit oor die hoender en broccoli.
Strooi die broodkrummels en kaas oor.
Stip met botterklontjies.
Bak teen 180 grade vir 35 minute.

No comments:

Post a Comment