Tuesday 17 May 2016

Flori se bakgat broodpoeding




Flori se bakgat broodpoeding

 


Bestanddele
4 - 8 snye witbrood
appelkooskonfyt
4 eiers
¼ koppie suiker
1 doppie vanieljegeursel
½ liter melk
botter
1 teelepel fyn kaneel

Metode
Smeer die brood met die konfyt.
Pak die snye in glasbak.
Skei die eiers.
Meng die eiergeel met die melk, suiker en vanielje.
Bedek die brood met die melkmengsel en laat die brood dit volledig absorbeer.
Stip klontjies botter op die poeding.
Klits die eierwit tot styf en bedek die poeding daarmee.
Strooi die kaneel oor.
Bak vir 35 minute teen 180 grade.
Bedien met vla.