Tuesday 17 May 2016

Botterskorsietertjies





Botterskorsietertjies
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 30 minute
Staantyd: sowat 15 minute...
Gaarmaaktyd: sowat 50 minute

400 g gekoopte broskorsdeeg, ontdooi
500 g botterskorsieblokkies
sout en peper
olyfolie
2 preie, fyn gesny
125 g spek, in blokkies gesny
150 g fetakaasblokkies
2 eiers
2 eiergele
250 ml (1 k) room of melk

Voorverhit die oond tot 220 °C.

Rol die deeg liggies uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak en voer ’n middelslag-quichepan of ’n paar kleiner pannetjies daarmee uit.
Laat die deeg ’n paar minute in die yskas staan.
Prik die kors en bak die deeg sowat 10 minute blind (met bakpapier en droëbone op die deeg).
Verwyder die papier en die bone en bak nog 2 minute.
Plaas die botterskorsie in ’n oondbak, geur met sout en peper en bedruip met olie.
Bak sowat 20 minute of tot gaar.
Braai intussen die preie en spek tot goudbruin en bros. Hou eenkant.
Verlaag die hitte tot 180 °C. Skep die botterskorsie, preie, spek en fetakaas in die pan.
Meng die eiers, eiergele en room of melk en geur met sout en peper. Giet dit oor die botterskorsie-en-spekvulsel. Moenie te veel eiermengsel ingiet nie; dit sal oorloop en mors.
Bak die tertjies 20-30 minute of tot gaar.