Tuesday 17 May 2016

Kanya se hoenderpasteitjies




Kanya se hoenderpasteitjies
Daar is niks beter as ’n heerlike hoenderpasteitjie met ’n blaarkors nie. Foelie kan vervang word met neutmuskaat. Ek het eksotiese shitake-sampioene gebruik, maar enige sal doen.
Maak die blaardeeg vooruit. Dit vries ook goed en is lekker om byderhand te hê as jy dit nodig het vir ’n vinnige tertjie of pasteitjie. Onthou, een vel deeg is genoeg vir 6 pasteie.

Blaardeeg-geheime:
Kremetart en suurlemoensap hou die gluten elasties.
Werk op ’n koue oppervlakte.
Hou die degie koel en kalm en laat dit gereeld rus tussen stappe.
Gee die deeg nie meer as 4 draaie in totaal nie.
 
Bestanddele
Blaardeeg
Hoendervulsel
Pasteitjies
   
Instruksies
Blaardeeg
  1. Sif die meel, sout en kremetart saam.
  2. Deel die botter op in 4 gelyke dele. Vryf die eerste kwart liggies by die meel in.
  3. Meng die water en suurlemoensap en sny in die meelmengsel in. Gebruik net genoeg vloeistof om ’n werkbare deeg te vorm. Pasop vir te nat.
  4. Knie die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlakte. Net genoeg om ’n gladde, mooi deeg te vorm. Draai toe met kleefplastiek en rus vir 20 minute in enige koue plek, solank dit net koud is.
  5. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlakte. Vorm ’n reghoek van 30-40 cm en 6 mm in dikte. Smeer of rasper die 2de kwart botter oor 2/3 van die deeg-oppervlakte. Vou die skoon kant tot helfte oor die gebotterde kant en vou die oorblywende gebotterde kant weer daaroor. Draai toe in kleefplastiek en rus koud vir 10-15 minute. Herhaal tot al die botter ingewerk is.
  6. Nadat al die botter ingewerk is, gee die deeg een laaste rol en vou. Rus koud vir 30 minute voor gebruik of vries. Jy benodig 2-3 rolle deeg vir die hoeveelheid vulsel hier onder.
Hoendervulsel
  1. Maak die hoender gaar in ’n pot met die geurmiddels. Proe en geur verder na smaak. Bedek net-net met water en kook stadig tot sag. Laat staan om af te koel. Giet die hoenderaftreksel af. Hou eenkant. Ontbeen die hoender. Geur na smaak.
  2. Week intussen die sago in ’n halwe koppie water.
  3. Braai die gekapte ui en knoffel in die botter tot deursigtig. Roer die sampioene en salie daarby in. Braai tot net gaar.
  4. Om te verhoed dat die spulletjie droogkook, roer 2-3 koppies van die hoenderaftreksel by. Jy is besig om ’n sousie te maak. Besluit self hoe nat jy die vulsel wil maak. Pasop vir te loperig.
  5. Verdik die uiemengsel met die geweekte sago.
  6. Meng die eiergele en mielieblom tot ’n gladde pasta, roer vinnig deur die uiemengsel en kook net tot gaar. Voeg nog aftreksel by indien verkies. Roer die ontbeende hoender by en geur na smaak. Koel af of bêre (verkieslik) in die yskas. Gebruik yskoud.
Pasteitjies
  1. Rol die deeg uit op ’n koue, meelbestrooide oppervlakte – 7 mm dik.
  2. Sny sirkels en verf die buitekante met eier/melkwas.
  3. Skep lepels vulsel in die middel. Vou en seël randjies. Rangskik die pasteitjies op bakpapier-uitgevoerde oondpanne. Hou koud. Jy kan hulle selfs op hierdie stadium vries.
  4. Verhit die oond tot 220 °C.
  5. Bak tot gaar en goudbruin – gewoonlik so 20-30 minute.