Tuesday 17 May 2016

Tara se maalvleispasteitjies



Tara se maalvleispasteitjies
 
Bestanddele
Deeg
Vulsel
  
Instruksies
Deeg
  1. Plaas meel, botter en sout in ’n voedselverwerker met die sny-lem.
  2. Pols tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
  3. Gooi die water geleidelik by die mengsel totdat dit ’n deeg begin vorm. Wees versigtig om die mengsel nie te veel te meng nie. Die stukkies botter moet nog identifiseerbaar wees.
  4. Plaas die deeg op ’n meelbestrooide werksoppervlak en bring dit saggies bymekaar.
  5. Vorm die deeg in ’n reghoek en rol liggies uit in een rigting.
  6. Vou die deeg in drie deur die boonste punt tot in die middel om te vou. Vou die onderste punt bo-oor die boonste punt.
  7. Maak die deeg toe in kleefplastiek en verkoel vir omtrent 30 minute.
  8. Rol die deeg weer uit tot ’n reghoek en herhaal die omvou-proses nog ’n keer.
  9. Verkoel die deeg weer vir 30 minute of totdat dit benodig word.
Vulsel
  1. Verhit olie en braai die uie daarin.
  2. Voeg gemmer en knoffel by en braai vir 2 minute.
  3. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut vir omtrent 30 minute of tot die aartappels gaar is. Roer nou en dan om te verseker dat die vleis en spesery nie brand nie.
  4. Laat die vulsel afkoel.
  5. Sny die deeg in reghoeke van omtrent 16 cm x 10 cm en plaas die vulsel in die middel.
  6. Bring die punte bymekaar en vou toe.
  7. Verf die deef met ’n geklopte eier wat met melk gemeng is, en bak teen 220 °C vir sowat 20 minute, of tot die deeg goudbruin en gaar is.