Tuesday 17 May 2016

Corli se bobotie-pasteitjies



Corli se bobotie-pasteitjies
Die Koekedoor Corli gebruik Tannie Barbara van Australië se resep, maar maak dit ook haar eie. Probeer gerus dié heerlike bobotie-pasteitjies.
 
Bestanddele
Skilferkors (lewer 1 kg)
Bobotie-vulsel
  
Instruksies
Skilferkors
  1. Sif die meel en sout in ’n bak. Gooi die gesnyde blokkies botter by die meel.
  2. Meng saam met die punte van jou vingers.
  3. Gooi die suurlemoensap saam met die water, meng dan by droë bestandele.
  4. Meng in met rondepunt-mes, deeg sal nog klonterig wees.
  5. Sit deeg op meelbestrooide werksblad, knie en rol vir paar sekondes.
  6. Rol deeg in langwerpige vierkant, maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas.
  7. Na omtrent 15 minute, haal uit yskas en rol weer en vou in drie dele soos koevert, rol weer uit en vou nog ’n keer.
  8. Sit in yskas en laat koud word.
  9. Na 15 minute kan deeg gebruik word vir pasteitjies.
Bobotie-vulsel
  1. Gebruik swaarboomkastrol.
  2. Week die bruinbrood tot sag in die melk. Maak die brood fyn met ’n vurk.
  3. Verhit die olie in ’n pan en braai uie, gemmer en knoffel tot sag en effens bruin.
  4. Voeg die kerriepoeier, borrie, komyn, blatjang, appelkooskonfyt en rosyntjies by en braai liggies vir sowat 2 minute. Haal die pan van die hitte af.
  5. Meng die maalvleis en brood in ’n mengbak. Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele by.
  6. Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
  7. Braai als saam tot gaar en laat afkoel.
  8. Nadat vleis afgekoel het, maak bolletjies en sit in yskas of vrieskas om styf te word. Gebruik dan vir elke tertjie.
Maak pasteitjies
  1. Rol deeg uit en gebruik ronde koekiedrukkers om verlangde grootte te verkry.
  2. Plaas ’n bolletjie van vleis in elke deeg-sirkel.
  3. Gebruik een eier (liggies geklits) en smeer kante sodat dit kan toeplak.
  4. Plaas op bakplaat en verf dan liggies die hele tertjie.
  5. Bak vir omtrent 20-30 minute in oond teen 200˚C.