Tuesday 17 May 2016

Glutenvrye plaatkoekies



Glutenvrye plaatkoekies

Bestanddele

2  ryp piesangs
2 eiers
½ teelepel (2.5 ml) sout
Om te bedien:
(Idees vir bo-laag)

- Nutella en aarbeie
- Grondboontjiebotter met vars piesang
- Prociutto ham en heuning
- Roomkaas en gekapte neute
Metode
Druk die piesangs in ‘n mengbak fyn, en klits die eiers een vir een by die fyngedrukte piesangs.
Voeg die sout by die mengsel en roer deur.
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n braaipan oor matige hitte.
Skep ± 2 eetlepels-vol van die beslag in die pan.
Sodra borreltjies op die oppervlak van die plaatkoekies verskyn, draai die plaatkoekies om en braai vir nog ‘n minuut tot goudbruin en gaar.