Tuesday 17 May 2016

Amoryn se pienk rysslaai



Amoryn se pienk rysslaai

Bestanddele

1 koppie rou rys
1 ui, opgekap
1 pakkie spek, gesnipper
1 pakkie sampioene, opgekap
1 koppie tamatiesous
1 blikkie mieliepitte (optioneel)
Metode
Kook die rys in soutwater tot gaar.
Braai die ui, spek en sampioene tot gaar.
Meng dit met die rys.
Voeg die tamatiesous by en meng goed.
Bedien saam met braaivleis.