Tuesday 17 May 2016

NUTTY CRUST PATATS




NUTTY CRUST PATATS

Bestandele:

4 kg patats – of soveel wat jy wil kook....
1 pak Nutticrust-beskuitjies
250 ml vars room
500 g goue stroop

Metode:

Kook die patats in soutwater tot sag. Skil af en maak fyn met bietjie botter.
Smeer ‘n oondvaste bak. Skep die patats in die bak. Maak die stroopbietjie warm en gooi die oor. Gooi dan ook die die room bo-oor.
Krummel die pak beskuitjies en gooi dit oor die patats Bak vir
20-30 minute by 180 grade tot die gereg deurgaar is.
Ek het ook al gemmerkoekies gebruik ipv Nutty crust koekies, ook broodkrummels en selfs eenkeer n paar provitas
As jy bietjie iets anders wil doen:
Deel patats in 2 – sit 1ste deel van patats in bak, dan lag gemmerkoekies, dan weer lag patats, room en pak dan marshmallows op en bak ook vir so 30min by 180C