Tuesday 17 May 2016

DUBBELE PIZZA OMELET



DUBBELE PIZZA OMELET
RESEPOMELET4 eiers - goed geklits
100 ml melk
1 el botter - gesmelt
knippie sout
peper na smaak
vars roket of koljander blare vir garnering


METODE
1. Vooraf verhit kleefvrye pan tot warm.

2. Meng al die bestanddele saam en klits baie goed sodat die eier deeglik gemeng is. Gooi deur sif om die growwe dele te skei.

3. Gooi ‘n dun lagie (soos pannekoek) mengsel in die pan en draai in die rondte. Die omelet sal vinnig gaar word en draai om sodat die ander kant deeglik kan bak.

4. Hou die omelette onder klam vadoek om nie uit te droog in die lou oond.

VULSEL
15 ml Olyfolie
250 g Repies spek - grof gekap
250 g Gerookte kaas worsies of wors van keuse
½ k Ui - fyn gekap
½ k Rooi soetrissie - fyn gekap
½ k Sampioene - fyn gesnipper
½ t Knoffel - vars
100 g Kaas - gerasper
6 Eiers - geklits
Sout en peper na smaak
15 ml Origanum

GARNERING
250 ml Maaskaas
Vars kruie blare

METODE
1. Braai die spek en worsies tot gaar en skep uit die pan.

2. Braai dan die ui in dieselfde pan, sodra glansend voeg die soetrissie en sampioene by en braai tot droog. Verwyder van hitte en geur na smaak en voeg die knoffel en vleis by.

3. Maak gewone roereier eenkant en pak dan die pizza omelet soos volg - eers ‘n laag omelet, dan vulsel en kaas op gestrooi. Eindig met omelet skyf wat in kwarte of agstes gesny is. Garneer soos verkies met maaskaas en vars kruie blare.

HOEVEELHEID: 4 omelette.