Wednesday 4 May 2016

Chilli con carne




Chilli con carne

 

 
Bestanddele
1 ui, gekap
olie
500 g maalvleis
1 t origanum
2 t rissiepoeier
2 t fyn komyn
1 blikkie heel tamaties
1 blikkie nierbone
sout
deegdoekies (roti)
roomkaas
avokado
cheddarkaas, gerasper

Metode
Braai ui tot glaserig.
Voeg maalvleis en speserye by.
Braai tot bruin.
Voeg die tamaties en bone by (moenie dreineer nie).
Prut vir 20 minute.
Smeer die roti met roomkaas.
Vul dit met avokado, chilli con carne en kaas.
Vou toe en smul.