Wednesday 4 May 2016

Ontbyt-quesadilla




Ontbyt-quesadilla

 

 
Bestanddele
1 e (15 ml ) canola-olie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap

2 e (30 ml) tamatiepuree
500 g maalvleis
1 t (5 ml) sout
1 k (250 ml) cheddarkaas, gerasper
8 volgraan tortillas
Vir bediening
fyngedrukte avokado of guacamole
kersietamaties
vars koljander of jong roketblare

Metode
Verhit die olie in’n braaipan en braai die uie tot gaar. Voeg die knoffel en tamatiepuree by en braai vir ± 2 minute.
Voeg die maalvleis by die uiemengsel en braai tot gaar en geur met sout. Laat die mengsel  effens afkoel en roer dan die kaas by.
Verhit ‘n skoon braaipan oor matige hitte. Plaas een tortilla in die braaipan en versprei die maalvleis eweredig. Plaas nog ‘n tortilla bo-op en druk stewig vas.
Braai die quasadilla aan beide kante tot goudbruin en die kaas gesmelt is.
Sny in kwarte en bedien met guacamole, kersie tamaties en vars koljander of roketblare.