Wednesday 4 May 2016

Ansie Vlok se olyf inlê-resep




Ansie Vlok se olyf inlê-resep

 


Bestanddele
5 liter olywe
10% soutoplossing (10% sout en 90% water)

Metode
Moenie die olywe sny nie. Plaas die olywe in ‘n houer wat kan seël. Vul die houer met die soutoplossing tot die olywe bedek is. Gebruik verkieslik spons om die olywe onder die water te hou. Anders dryf die olywe en maak dat die olywe na 2 kleure verkleur.  Die nat spons is beter as ander opsies. Maak toe en bêre. Kyk na 2 maande of daar verdamping was en vul weer aan met 10% soutoplossing. Hierdie is ‘n gistingsproses, so dit behoort soos binne ‘n wynkelder te ruik. Die gis en bakterieë is wit bo-op (dit lyk soos ‘n muflagie). Dit moet nie in kontak kom met die olywe nie. Maak weer toe en stoor in totaal vir 9 tot 12 maande afhangende van die kultivar. Proe na 9 maande. Indien steeds bitter, los dit vir langer. Die kleur vervaag. Haal die olywe uit die oplossing en plaas dit op ‘n oondpan vir 12 tot 24 uur om te verdonker. Swart olywe word ‘n donker pruim kleur. Plaas dit in bottels saam met ‘n pekeloplossing en jou keuse van geurmiddel (naeltjies/ origanum / lourierblaar / knoffelhuisie). Hou die geur eenvoudig. Moet nie te veel meng nie, anders kan dit ‘n medisynesmaak veroorsaak. Die pekeloplossing is 4,5 liter water, 50 – 100 gram sout (afhangend van hoe sout die olywe is), halwe koppie asyn (wit asyn vir groen olywe, bruin asyn vir swart olywe). Kook dit saam. Bottelleer met warm pekel. Dop die botteljies om en hou dit so vir ‘n maand.