Friday 6 May 2016

Brood-en-botterpoedinkies in ontbytstyl




Brood-en-botterpoedinkies in ontbytstyl
Genoeg vir 4
8 snye plaasbrood
45 ml (3 e) sagte botter...
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
4 snye gypsy-ham
8 eiers

500 ml (2 k) melk
hand vol pietersielie, gekap + ekstra
sout en gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit 4 x 250 ml- (1 k) hittebestande bakkies of bekers met kleefwerende kossproei.
1 Smeer die snye brood met die botter. Strooi kaas oor 4 van die snye brood en sit ’n skyf ham op elk.
2 Bedek met die oorblywende 4 snye om toebroodjies te maak en sny elke broodjie in 4 driehoeke. Verdeel die broodjies tussen die bakkies.
3 Meng die eiers, melk en pietersielie. Geur na smaak.
4 Gooi die eiermengsel oor die broodjies en laat staan vir minstens 3 min.
5 Sit die bakkies in ’n diep oondskottel. Gooi warm water in die skottel sodat die helfte van die bakkie in die water staan.
6 Bak vir 50 min. of tot die eier gestol het.
7 Strooi ekstra pietersielie oor en sit voor.