Friday 6 May 2016

Plaatkoekies




Plaatkoekies
Maak: 20-30
Bereidingstyd: 15 minute...
Gaarmaaktyd: 25 minute

• 2 groot eiers, liggies geklits
• 125 ml suiker
• 250 ml melk
• 30 ml gesmelte botter of olie
• 270 g (500 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• kaneelsuiker of esdoringstroop en spek om voor te sit
1 Klits die eiers en suiker saam tot lig. Voeg 125 ml van die melk en die gesmelte botter of olie by en roer goed.
2 Sif die meel, bakpoeier en 2 ml sout in ’n mengbak. Roer die droë bestanddele by die eiermengsel, voeg die orige melk by en roer om ’n gladde beslag te vorm.
3 Smeer ’n swaarboompan met ’n bietjie botter. Drup lepels vol van die beslag in die pan en draai dit om sodra daar borrels op die oppervlak vorm. Bak die plaatkoekies tot dit alkant mooi goudbruin is. Sit dit warm voor met kaneelsuiker en die vrugteverrassing. Jy kan dit ook voorsit met bros spek en esdoringstroop bo-oor gedrup, of saam met gebraaide sampioene en tamaties.