Friday 6 May 2016

beesvleis-roerbraai




Maak ’n bielie van ’n beesvleis-roerbraai
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Genoeg vir 4-6 porsies
...
Sous
•125 ml (½ k) laenatrium-sojasous
•80 ml water
•2 steranys
•15 ml (1 e) vars gemmer, gerasper
•10 ml (2 t) sagte bruin suiker
Meng al die bestanddele vir die sous en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut sowat 10 minute; verwyder die speserye met ’n gaatjieslepel.
Roerbraai
•15 ml (1 e) grondboontjieolie
•15 ml (1 e) olie
•300 g steak, in dun repies gesny
•sout en peper
•1 groot ui, in kwarte gesny
•1 wortel, in dun repe gesny
•100 g kool, fyn gekap
Verhit ’n bietjie van die olies in ’n groot pan of wok en braai die vleis oor baie hoë hitte. Geur met sout en peper. Hou eenkant, verhit die res van die olies en braai die groente ook oor baie hoë hitte. Skep die vleisrepies terug by die groente en skep ’n lepel vol van die sous by die roerbraai. Roerbraai oor hoë hitte tot die sous verdik. Sit voor saam met noedels en groenslaai.
Wakker wenke:
•Die water is opsioneel. Indien jy die water uitlaat, sal die sous dicker wees en daarvoor hoef jy dit ook nie so lank te kook nie.
•Sit die roerbraai voor saam met wit- of bruinrys, noedels of selfs pasta.