Tuesday 17 May 2016

ANTHONY MAYER SE NONNESKONS




STELSJEF ANTHONY MAYER SE NONNESKONS
Agter die skerms (Koekedoor) is Anthony Mayer se veelsydige skons ’n treffer. Hy het dit in ’n klooster by nonne leer maak.

1 koppie koekmeel
2 t bakpoeier
15 g gesoute botter
Yskoue melk, net genoeg om die deeg bymekaar te bring.
Handvol geurmiddels: soos gekapte dadels, rosyne, neute of speserye

Voorverhit oond tot 220°C. Meng die meel en bakpoeier in mengbak, rasper die botter in en vryf in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg geurmiddels by, soos rosyne of dadels. Voeg nou die melk by, net genoeg om die mengsel klam te maak, sny met deegsnyer in tot sagte deeg vorm. Moenie dit oorwerk nie. Plaas op meelbestrooide oppervlak, druk baie liggies af en sny in vierkante. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak 8-10 minute. Eet gou.