Monday 30 May 2016

Tara se oliebolle




Tara se oliebolle

Porsies
20 oliebolle
Bestanddele
Oliebolle
Grenadella-smeer
Bloubessie-compote
Kaaskoek-beslag
Sjokolande-glasuursel
Instruksies
Oliebolle
  1. Verhit melk net genoeg om die botter te smelt.
  2. In ’n bakkie, gooi die gis oor die warm water en laat oplos vir 5 minute.
  3. Na 5 minute, plaas die gis-mengsel in die mengbak van ’n staanmenger, met die spaanhegstuk.
  4. Voeg die melk-en-bottermengsel by, maak seker die melkmengsel is louwarm.
  5. Voeg die eiers, suiker, sout en helfte van die meel by en meng tot gekombineer teen lae spoed.
  6. Verhoog spoed tot medium en meng deeglik.
  7. Voeg die res van die meel by en meng weer teen lae spoed, verhoog spoed weer tot medium.
  8. Vervang die spaanhegstuk en meng teen mediumspoed totdat die deeg wegkom van die kante van die mengbak en die deeg glad lyk – sowat 4-5 minute.
  9. Plaas die deeg in ’n mengbak uitgesmeer met olie en laat rys tot verdubbel of 1 uur.
  10. Plaas die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak en rol dit uit tot omtrent 5 mm dik.
  11. Druk die gewenste vorms uit en plaas op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier.
  12. Bedek die deeg met ’n skoon lappie en laat rys vir 30 minute.
  13. Verhit die olie tot 190°C en plaas die oliebolle in die olie – die grootte van die kastrol sal bepaal hoeveel op ’n keer gebak kan word.
  14. Braai tot goudbruin.
Grenadella-smeer
  1. Meng al die bestanddele in ’n kastrol oor lae hitte.
  2. Kook terwyl jy die mengsel roer – 10-15 minute of totdat dit dik word.
  3. Gooi die mengsel deur ’n sif en verkoel in die yskas. Die smeer kan in botteltjies in die yskas gehou word vir omtrent 7dae.
Bloubessie-compote
  1. Plaas al die bestandele in ’n pot en kook tot die bessies sag is en die stroop verdik. Laat afkoel.
Kaaskoek-beslag
  1. Klop al die bestanddele saam tot goed gekombineer en romerig.
  2. Deel die mengsel in twee en vou die bessie-compote en grenadella-smeer versigtig deur die mengsel in aparte bakkies.
  3. Maak gaatjies aan die onderkant van die oliebolle en spuit die vulsel met ’n spuitsak daarin.
Sjokolande-glasuursel
  1. Plaas al die bestanddele in ’n klein pot en smelt teen lae hitte tot glad. Roer om te verhoed dat die mengsel brand.
  2. Doop die bokant van die oliebolle in die glasuursel.