Wednesday 20 April 2016

Wortel-en-rooilensiesop




Wortel-en-rooilensiesop
■ 45 ml olyfolie
■ 20 ml komynsaad
■ 1 ui, fyn gekap
■ 3-4 groot wortels, geskraap en gesnipper...
■ 180 ml rooilensies, afgespoel
■ 1,5 liter groenteaftreksel

■ 180 ml melk
■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
■ Olyfolie om oor te drup
Verhit die olyfolie en voeg 15 ml van die komynsaad by. Braai tot die komynsaad begin sis en voeg dan die ui en wortels by. Braai tot die ui sag is. Voeg die rooilensies en groenteaftreksel by. Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 30 minute, tot die lensies en groente baie sag is.
Laat effens afkoel, voeg melk by, verpulp tot glad en geur met sout en swartpeper. Drup ’n bietjie olyfolie oor elke porsie. Braai 5 ml komynsaad in ’n droë pan tot geurig en sprinkel oor die sop. Sit voor met naanbrood of vars korserige brood met plaasbotter. Lewer 4 porsies.