Wednesday 6 April 2016

Wors en eier gebak




Wors en eier gebak
(Bedien 6 – 8 persone)

½ volgraan bruinbrood in 2 x 2cm blokkies gesny
4 e (60 ml) olie
1 ui, grof gekap
1 pakkie (±450 g) hoenderwors, uit omhulsel gehaal
1 rooi soetrissie, halveer, ontpit en in blokkies gesny
Sout en swartpeper na smaak
8 eiers
100 g bokmelkkaas, in skyfies gesny
Handvol baba spinasieblare
  • Voorverhit die oond tot 180°C.
  • Plaas die broodblokkies in ‘n (20 x 30 cm) oondvaste bak en sprinkel met 2 e olie.
  • Bak vir 5 minute of totdat die brood se rante goudbruin is.
  • Verwyder uit die oond en hou eenkant.
  • Verhit die oorblywende olie in ‘n braaipan en braai die uie vir ± 5 minute.
  • Voeg die hoenderwors by en braai vir nog 5 minute.
  • Skep die worsmengsel eweredig op die broodblokkies en rangskik die soetrissie bo-op.
  • Breek die eiers versigtig tussen die ander bestanddele en geur met sout en peper.
  • Bak vir 10 -12 minute of tot die eiers gestol is.
  • Verwyder uit die oond en rangskik die bokmelkkaas en spinasieblare bo-op.
  • Bedien warm.