Wednesday 6 April 2016

Ricotta-en-tamatietert




Ricotta-en-tamatietert
(Bedien 6-8 persone)

500 g ricottakaas
100 g fetakaas
3 eiers
2 knoffelhuisies, fyngekap
Handvol basieliekruidblare, grof gekap
Sout en swartpeper na smaak
1 k (250ml) kersietamaties, halveer
Vars basieliekruidblare vir garnering

  • Voorverhit die oond tot 160°C en spuit ‘n 20cm losboompan met kleefwerende sproei.
  • Roer die ricottakaas, fetakaas, eiers, knoffel en basieliekruid in ‘n mengbak saam.
  • Geur goed met sout en swartpeper.
  • Giet die mengsel in die losboompan en rangskik die tamaties, gesnyde kant na bo, daarop.
  • Bak vir ±1uur of tot die tert gestol het.
  • Laat afkoel en sny in skywe.
  • Garneer met vars basieliekruidblare.