Wednesday 6 April 2016

Gebakte Ricotta




Gebakte Ricotta

Geroosterde kersies:
100 g vars kersies
2 e (30 ml) olie
2 e (30 ml) heuning
sout en swartpeper na smaak

Gebakte ricotta:
250 g ricotta
2 t (10 ml) vars oreganum, fyngekap
2 t (10 ml) vars tiemie, fyngekap
olyfolie
sout en swartpeper na smaak

  • Voorverhit die oond se roosterelement tot baie warm.
  • Plaas die kersies op ’n bakplaat en sprinkel met olie en heuning.
  • Geur goed met sout en swartpeper.
  • Rooster vir 5 – 8 minute. Haal uit die oond en hou eenkant.
  • Verlaag die temperatuur van die oond tot 180°C.
  • Smeer ’n bakplaat met ’n bietjie olyfolie en plaas die ricotta op die plaat.
  • Vryf die kaas met die kruie en geur baie goed met sout en peper. Sprinkel met ’n bietjie olyfolie.
  • Bak vir ± 45 minute of tot ’n goudbruin kors bo-oor die kaas gevorm het. Bedien met volgraanbrood en geroosterde kersies.