Monday 18 April 2016

Wilandi se sjokolade-en-Turkselekker-laagkoek




Wilandi se sjokolade-en-Turkselekker-laagkoek

Bestanddele
Sjokoladekoek
Turkselekker-koek
Karamelsous
Skoonma se sjokolade-ganache
Malvalekker-versiersel
Viooltjie-versiering – Opsioneel
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: koek
Instruksies
Sjokoladekoek
  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer twee 17,5 cm-losboompanne met bakpapier uit en spuit die kante.
  2. Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout saam. Voeg die olie en geursel by en meng goed.
  3. Meng die kookwater en kakao, voeg by bogenoemde mengsel en meng.
  4. Voeg die eiergele by en meng goed.
  5. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou by die mengsel in.
  6. Verdeel in die panne. Bak 40 minute tot gaar.
Turkselekker-koek
  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer twee 17,5 cm-losboomkoekpanne uit met bakpapier en spuit die kante met baksproei.
  2. Klits eiers en suiker saam. Voeg rooswater by en meng goed.
  3. Sif die meel en sout oor die eiermengsel en klits tot gemeng. Sprinkel die bakpoeier oor en meng goed.
  4. erhit die melk en botter tot die botter gesmelt het – roer gereeld. Giet dit by die meelmengsel en vou deeglik in met ’n lepel.
  5. Verdeel tussen die twee panne. Plaas die Turkse lekkerstukkies bo-op die beslag – dit moenie aan die kante raak nie.
  6. Bak 30 minute tot gaar.
Karamelsous
  1. Verhit die suiker en ingedampte melk tot die suiker gesmelt is.
  2. Roer die botter klontjiesgewys by.
  3. Verhit tot kookpunt.
  4. Voeg die vanieljegeursel by.
  5. Meng die mielieblom met die room en roer by sous in.
  6. Kook oor lae hitte tot die sous verdik.
Skoonma se sjokolade-ganache
  1. Smelt saam oor lae hitte en laat effens afkoel tot regte dikte vir smeer.
Malvalekker-versiersel
  1. Meng suiker, eierwitte, 90 ml water, kremetart, rooswater en sout saam.
  2. Verhit oor dubbelkoker en roer totdat al die suiker gesmelt is.
  3. Klits op hoë spoed vir 7 minute totdat stywe punte vorm.
  4. trooi gelatien oor 30 ml water en laat staan vir 5 minute totdat die gelatien al die water absorbeer.
  5. Smelt die gelatienmengsel oor ’n dubbelkoker – moenie laat kook nie.
  6. Laat afkoel tot liggaamstemperatuur en voeg by eiermengsel.
  7. Klits goed en gebruik dadelik.
Viooltjie-versiering (opsioneel)
  1. Gebruik ’n fyn kwas en verf eierwit oor viooltjieblomme.
  2. Strooi strooisuiker oor – maak seker al die dele van die blom is met suiker bedek.
  3. Laat staan op bakpapier vir 24 uur in droë lug.
Konstruksie
  1. Verdeel koeke in twee deur hulle dwars in die middel deur te sny.
  2. Pak soos volg: Sjokoladekoek l Bedek met karamelsous l Turkselekker-koek, met lekkers wat na bo wys l Sjokoladekoek l Bedek met karamelsous l Turkselekker-koek, met lekkers wat na bo wys l Sjokoladekoek
  3. Bedek die bokant en kante met ganache.
  4. Versier bokant kwistig met malvalekker-versiersel.
  5. Rond versiering af met versuikerdie viooltjies (opsioneel). Plaas ’n paar bo-op en ’n verdwaalde paar op die rand van die koekbord – eenvoudig.