Monday 18 April 2016

Sanet se rooibos-en-lemoenkoek




Sanet se rooibos-en-lemoenkoek


Bestanddele
Koek
Rooibossous
Versiersel
Lemoenvulsel
Ingemaakte koemkwat
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: koek
Instruksies
Koek
  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer drie ronde 26 cm-panne met bakpapier uit en spuit met baksproei.
  2. Klits die karringmelk, eiers, asyn, olie, rooibos-espresso en -poeier in ’n groot mengbak saam tot gemeng. Voeg die suiker by.
  3. Sif die meel, koeksoda en sout saam. Voeg dit by die karringmelkmengsel en klits tot net gemeng.
  4. Verdeel die beslag tussen die panne. Bak die koeke vir 30-35 minute tot goudbruin. Steek gaatjies in elke warm koek met ’n vurk en gooi die rooibossous bo-oor. Laat afkoel.
Rooibossous
  1. Verhit al die bestanddele in ’n medium kastrol en roer tot die suiker opgelos is.
Versiersel
  1. Klits botter tot sag en romerig. Voeg roomkaas by en klits net tot gemeng. Gooi versiersuiker by en klits tot lig en romerig. Voeg dan vanielje by en klits net tot gemeng.
  2. Smeer versiersel slegs op die 1ste en 2de laag van koek.
Lemoenvulsel
  1. Klop botter en voeg versiersuiker geleidelik by. Klop tot goed gemeng. Meng koekmeel en suiker en voeg geklitste eier en lemoensap by. Kook mengsel oor kookwater in ’n dubbelkastrol tot dik. Roer aanhoudend. Voeg bottermengsel by en meng goed. Roer skil en suurlemoensap in.
  2. Laat afkoel en gebruik.
Ingemaakte koemkwat
  1. Spoel koemkwats af, sny koppies aan die stingelkant af en prik twee keer met ’n tandestokkie. Plaas in ’n kastrol en bedek met water. Kook vir 2 minute en plaas in vergiettes. Herhaal die proses nog twee keer.
  2. Plaas koemkwats, water, suiker en speserye in pot en kook op ’n hoë hitte tot groot borrels vorm. Draai hitte tot die laagste verstelling en kook vir ’n verdere 30 minute. Skep in skoon flesse en laat afkoel.
Sit aanmekaar
  1. Plaas een laag koek op die opdienbord, versier die bokant met die helfte van die roomkaasvulsel. (Opsioneel: Rasper ’n bietjie lemoenskil tussen die lae vir ekstra lemoensmaak).
  2. Plaas nog ’n laag koek bo-op en smeer die res van die vulsel oor.
  3. Plaas die derde laag koek bo-op. Giet die lemoenversiersel versigtig op die bolaag en laat effens oor die kante drup.
  4. Versier die bokant en rand van die bord met van die ingemaakte koemkwats. Sprinkel ’n bietjie van die koemkwarts se stroop oor die koemkwats vir ekstra glans.