Monday 18 April 2016

Suretha se appelspesery-ringkoek




Suretha se appelspesery-ringkoek

Bestanddele
Koek
Versiersel
Toffie-appels
  • 1 blik (400 g) appels (met stingeltjies aan)
Stroop
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: koek
Instruksies
Koek
  1. Voorverhit die oond teen 160°C. Smeer ’n ringkoekpan.
  2. Klop eiers en suiker 10 minute saam. Voeg olie by en klop nog 5 minute.
  3. Sif die droë bestanddele saam en vou in. Vou die appels by die beslag in.
  4. Meng liggies en skep in die pan. Bak ongeveer 60 minute tot gaar.
Versiersel
  1. Verhit die botter en bruinsuiker en roer tot al die suiker gesmelt is. Verwyder van die stoofplaat en voeg die geursel en versiersuiker by. Meng goed. Voeg ’n paar druppels kookwater by en roer vinnig, sodat ’n effens vloeibare, blink versiersel verkry word.
  2. Skep die warm mengsel oor die koek. Strooi gekapte neute oor en versier met kersies.
Versuikerde gesiggies
  1. Verf die blommetjies met eierwit, gooi strooisuiker oor en laat droog word.
Toffie-appels
  1. Dreineer die appeltjies goed en laat goed droog word.
  2. Maak die helfte van die stroop volgens resep hier onder en doop die appeltjies in die stroop.
  3. Laat staan tot die karamel hard is.
Stroop
  1. (Die resep kan gehalveer word, maar dis makliker om met meer stroop te werk.)
  2. Verhit die bestanddele stadig. Roer gedurig en stadig om die suiker op te los. Was enige suikerkristalle langs die rand met ’n nat kwassie af. Moenie verder roer wanneer al die suiker opgelos is nie.
  3. Kook stroop tot ligtekraak-stadium (138˚C). Jy kan ook ’n bietjie koue water in ’n piering gooi en ’n druppel suikerwater daarin gooi. Indien die suiker ’n harde druppel vorm, is jou stroop reg.
  4. Haal stroop van hitte af. (Normaalweg kan jy nou kleursel byroer, maar vir hierdie koek, los dit liefs helder. Neem ’n appeltjie aan sy stingel en druk dit in die stroop, haal uit en plaas op bakpapier om droog te word. Wees versigtig om nie aan die warm stroop te raak nie. Indien jy sou brand, hou jou hand onder lopende koue water of ys.