Tuesday 26 April 2016

Wilandi se bruinsuiker-en-gemmer-fudge



Wilandi se bruinsuiker-en-gemmer-fudge
36 blokkies
Bestanddele
   
Instruksies
  1. Smeer ’n bakpan van 22 x 32 cm.
  2. Smelt die suiker, sout, melk, botter, gouestroop en glukose in ’n kastrol oor matige hitte. DIT MOET GEENSINS NA AAN KOOK KOM IN HIERDIE STADIUM NIE.
  3. Roer tot al die suiker opgelos het en verhit dit dan eers tot kookpunt.
  4. Kook vir 10 minute terwyl jy nou en dan roer.
  5. Voeg die gekapte gemmer en kondensmelk by. Wees versigtig, dis geneig om te spat.
  6. Roer gereeld deur terwyl dit kook totdat dit sagtebalstadium bereik (118˚C).
  7. Haal van die warm plaat af. Voeg die kremetart by en klop met die houtlepel tot die mengsel dik en romerig raak. Giet in die bereide pan en laat dit staan om af te koel. Sny in blokkies.