Tuesday 26 April 2016

Anja se pekanneut- en jogurt-fudge



Anja se pekanneut- en jogurt-fudge
24 blokkies
Bestanddele
 
Instruksies
  1. Voer ’n bakplaat of ronde koekpan van 20 cm uit met bakpapier. Berei ’n ysbad voor en hou gereed.
  2. Meng die jogurt en koeksoda in ’n kastrol van mediumgrootte en laat staan vir 20 min.
  3. Voeg die suiker en goue stroop by die jogurt-mengsel en plaas die kastrol oor matige hitte, en roer om die suiker op te los. Sodra die suiker opgelos het, bring die mengsel tot kookpunt en voeg botter by. Kook tot die stroop tot sagtebalstadium, by 114°C.
  4. Verwyder van die hitte en doop die bodem van die kastrol dadelik vir ’n paar sekondes in die ysbad om die kookproses te stop. Laat die kastrol afkoel tot louwarm, sowat 50°C.
  5. Klits tot romerig en voeg dan die neute by. Laat heeltemal afkoel. Lig die fudge uit die houer aan die kante van die bakpapier, plaas op sny-oppervlakte en sny in blokkies. Verpak in ’n lugdigte houer.