Monday 18 April 2016

Wessels se wit papawerkoek




Wessels se wit papawerkoek

Bestanddele
Lemoenkoeklaag
Suurlemoen-papawerlaag
Lemmetjievulsel
Vlavulsel
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: koek
Instruksies
Lemoenkoeklaag
  1. Voorverhit die oond tot 170°C. Smeer twee ronde 23 cm-koekpanne en voer uit met bakpapier. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Klits eers die eiers een-een by en dan die lemoenskil.
  2. Vou die meel in tot deurgemeng. Moenie oormeng nie.
  3. Verdeel tussen die panne en bak sowat 20 minute tot goudbruin en gaar.
Suurlemoen-papawerlaag
  1. Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer twee ronde 23 cm-koekpanne en voer met bakpapier.
  2. Verroom botter en suiker en klits eiers een-een by. Roer die suurlemoenskil en papawersaad by.
  3. Vou die meel in tot deurgemeng, sonder om te oormeng.
  4. Verdeel tussen die panne en bak sowat 20 minute tot goudbruin en gaar.
Lemmetjievulsel
  1. Roer die lemmetjiesap en -skil by die kondensmelk.
Vlavulsel
  1. Bring 400 ml van die melk en die suiker tot kookpunt.
  2. Roer die oorblywende melk by die mielieblom en meng tot ’n pasta. Roer die pasta by die warm melk en kook tot dik. Roer die botter by tot gesmelt en laastens die likeur.
Sit aanmekaar
  1. Sny die koeklae mooi netjies gelyk. Plaas ’n suurlemoen-papawerlaag op ’n koekbord en smeer met die helfte van die lemmetjievulsel.
  2. Plaas ’n lemoenkoeklaag bo-op en smeer die helfte van die vlavulsel oor. Herhaal. Strooi papawersaad liggies bo-oor.