Monday 18 April 2016

Elmarie se groenvye-en-amandelnougat-kaaskoek




Elmarie se groenvye-en-amandelnougat-kaaskoek

Bestanddele
Brosbrood-krummelkors
Kaaskoek
Bolaag
Versiering
  • 2 groenvye (in stroop, fyngekap)
  • 100 g nougat (heuning-en-amandelnougat, in stukke gekap)
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: koek
Instruksies
Brosbrood-krummelkors
  1. Voorverhit die oond tot 170°C. Smeer ’n bakpan.
  2. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Sif die meel, mielieblom en sout saam. Meng dit goed by die bottermengsel in. Knie liggies op ’n meelbestrooide werkoppervlak tot ’n sagte deeg vorm. Rol 1 cm dik uit en prik met ’n vurk.
  3. Plaas op die bakpan en bak 20 minute tot goudbruin. Laat afkoel. Sny in blokkies en verkrummel in ’n voedselverwerker.
  4. Berei ’n losboom-veerpan voor: Sny ’n sirkel uit bakpapier vir die bodem van die pan en ’n lang strook vir die kant. Smeer die pan liggies met botter en voer uit met bakpapier. Druk sowat 300 g brosbroodkrummels stewig vas op die bodem. Verkoel 30 minute in die yskas
Kaaskoek
  1. Voorverhit die oond tot 230°C.
  2. Klits die roomkaas tot romerig in die mengbak van ’n elektriese menger met die spaanmenger. Voeg die suiker en meel by en meng nog 3 minute. Voeg die eiers en 1 eiergeel een op ’n slag by. Skraap die bodem en kante van die mengbak gereeld. Roer die room, jogurt en ekstrak by.
  3. Gooi bo-op die krummelkors in die koekpan. Bak 8 minute by 230°C. Verlaag die hitte tot 110°C en bak nog 30 minute. Laat 2 ure afkoel in die oond.
Bolaag
  1. Meng jogurt, 250 ml room en suurlemoensap in die mengbak van ’n elektriese menger. Klop 3 minute of tot dik. Laat staan ongeveer 1 uur in die yskas.
  2. Klop die res van die room saam met die suiker styf in ’n aparte bak. Roer by die eerste mengsel. Gooi oor die verkoelde koek.
Versier
  1. Versier die koek met groenvye en nougat.