Monday 18 April 2016

Spekvleis-en-spinasie-tertjies




Spekvleis-en-spinasie-tertjies
Lewer 8
Bereiding: 10 min....
Gaarmaak: 20 min.

400 g broskorsdeeg
Vulsel
200 g spekvleis, gaar
3 murgpampoentjies, fyn gerasper
1 rooi soetrissie, fyn gekap
4 eiers
250 ml (1 k) melk
100 g spinasie, fyn gekap
100 g cheddarkaas
sout en peper
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n muffinpan liggies.
1. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en sny sirkels uit wat in die gate sal pas.
2. Meng al die vulselbestanddele in ’n bak en geur na smaak.
3. Verdeel die vulsel tussen die deegdoppies en bak 20 min. of tot goudkleurig.
4. Sit warm voor.

BRON – HUISGENOOT WENRESEPTE