Wednesday, 20 April 2016

Vinnige veselryke hawermout-ontbyt




Vinnige veselryke hawermout-ontbyt

Bestanddele

1 k (250 ml) hawermout
2 e (30 ml) chia-saad
½ t (2.5 ml) sout
2 e (30 ml) fyn klapper
2 k (500 ml) volroom joghurt
3 e (45 ml) heuning
½ k (125 ml) amandels, grof gekap
½ k (125 ml) granaatpitte
½ k (125 ml) klapperskaafsels
Metode
Meng die hawermout, chia-saad, sout en fyn klapper saam.
Voeg die joghurt en heuning by en roer deeglik
Indien die mengsel te droog lyk, voeg nog ‘n bietjie joghurt by.
Laat dit oornag in die yskas staan.
Bedien die hawermout met gekapte amandels, granaatpitte en klapperskaafsels.

No comments:

Post a Comment